Ons eredienste vind elke Sondag om 09:00 plaas. Die tye vir spesiale eredienste is by beskikbaar.
Jy word aangemoedig om die eredienste by die kerk by te woon. Indien dit nie moontlik is nie, is die opsies hier onder ook beskikbaar. Elke Sondag se erediens word ook regstreeks uitgesaai. Skakel ongeveer 5 minute voor die aanvang van die erdiens in.
- Indien jy nie toegang tot Facebook het nie, kan jy na die direkte uitsending van die erediens hier onder kyk. Jy het nie Facebook nodig vir hierdie opsie nie. Jy kan ook na vorige eredienste kyk.
- Indien jy toegang tot Facebook het, kan jy hierdie skakel gebruik om in te skakel op Facebook om na die erediens te kyk.
- Indien jy slegs na die klankbaan wil luister, stuur asseblief jou selfoonnr vir ons. Jy skakel dan by 'n WhatsApp groep in wat na afloop van die erediens die klankbaan ontvang.