Gedenkmuur

Op ons kerkterrein is 'n gedenkmuur met nisse waar die as van afgestorwe geliefdes geplaas kan word. Die koste per nis is by die kerkkkantoor beskikbaar. Indien jy graag 'n nis wil koop moet die aansoekvorm hier onder ingevul word. Jy moet dan die vorm persoonlik, met die betaling na die kerkkantoor bring waarna jy die geleentheid sal kry om 'n beskikbare nis te kies (posisie). Dit is belangrik dat u die reglement lees alvorens u 'n nis koop.